Listen

Description

Don’t let your hearts be troubled. Trust in God, and trust also in me (John 14:1).  

Ons almal gaan deur situasies waar ons voel ons is op breekpunt.  Ons trane sit vlak en dit voel of ons nie die anderkant gaan sien nie.  Jy mag dalk vandag daar wees. Jy mag dalk vandag voel die lewe is een te veel.   Ek wil jou vandag bemoedig en jou wys op een van baie verhale wat ons lewe kan vul met opgewondenheid en ons help om een voet voor die ander te sit. Die wêreld hoef ons nie onder te kry nie. Ons kan ten spyte van ons omstandighede die oorwinning geniet wat ons Vader vir ons gee!  Alles gaan OK wees. Jy mag dalk vandag ‘n wrak wees, maar oorwinning is jou voorland. Dit mag nou donker en sonder hoop wees. Hou vas aan die Woord van God soos Paulus gemaak het en sien die oorwinning!