Ons almal wil meer hê. Meer geld, meer liefde, meer tyd, meer geleenthede.
Ek wil jou wys dat daar wel‘n manier is om meer te ontvang vanaf die Here. Daar is geleenthede wat die Here vir ons gee om meer in die lewe te ontvang. Die ontvang is nie die begin nie, om meer te hê in die lewe moet daar ‘n bron wees. Die BRON is die begin. Dit is soos ‘n saadjie wat jy plant, dit ontkiem en groei. Wanneer die boom groot is verskaf dit meer vrug en op die einde van die dag baie meer saad. So die belegging van saad het veroorsaak dat op die regte tyd, daar veel vrug was. Hoeveel beleggings het ons in die Koninkryk van God? Hoeveel klein saadjies het jy al geplant in die Koninkryk van God. Ons kan baie maklik beleggings maak in die lewe wat ons kan sien en wat ons kan beheer.
Maar hoe is ons harte ingestel wanneer dit kom by die Koninkryk van God?