#1 Leef in Oorwinning - 'n Jesus identiteit en bewussyn
Ons oorwinning oor die buite wêreld vind eers plaas wanneer ons, ons binnewêreld onder beheer het. In die Bybel word ons identiteit, bewussyn, emosies, begeertes, gedagtes, wil en bedoelings dikwels met die woord "hart" geassosieer en vertaal wat sentraal tot 'n persoon se verhouding met God en ander staan.
Hoe ons, ons HART bestuur en orden bepaal ons oorwinnning in die LEWE. Leer in hierdie boodskap die ranglys en prioriteite van hoe om jou innerlike wêreld te orden en in LYN te bring met die WIL van GOD.