Listen

Description

Ons nooi jou hartlik uit na 'n besondere geleentheid waar Chantal Oosthuizen ons uit die Woord van die Here gaan bedien. Ons gaan ons harte ondersoek en fokus op die dodelike sonde van gierigheid. Gierigheid, hebsug, suinigheid, begerigheid, onvergenoegdheid en ontevredenheid is almal deel van dieselfde familie, gebore uit vrees en vleeslike ambisie.
Die Bybelse teenmiddel hierteen is vrygewigheid! Kom saam met ons op 'n innerlike reis met die hulp van die Heilige Gees en die Woord van God. Laat ons ons harte was en reinig van alle geheime sondes wat ons lewens verwronge en donker maak.