Listen

Description

Een van die sterkste drange en behoeftes van ‘n mens is aanvaarding.  Van jongs af worstel ons almal met deel wees.  Daar is altyd ‘n binnekring groepie van die mooiste, rykste en mees populêre kinders iewers daar ver, en die res van ons wat maar net ‘n bestaan voer, of ‘n opposisie groep begin.  Ons is groep mense, en ons groepeer gewoonlik rondom mense wat soos ons is, dieselfde taal praat en dieselfde waardes, geloofsoortuiging en lewenstyl handhaaf.  ‘n Baie dieper kwessie is – toegang en deelname.

Volledige preeknotas beskikbaar by https://hrco.co.za/preke/2-toegang-tot-god-se-familie/