Mense is moeg vir kerk, waar die bestaan van kerk sentreer om mense gelukkig te hou binne die kerk. Mense soek ‘n missie, ‘n meer sinvolle rede vir bestaan. Sommige bedieninge wil nie sê hulle is ‘n kerk nie, want die konnektasie herrinner hulle aan die organisasies en sisteme van ‘n mens. Jy kan egter nie die Bybelse riglyne en bloudruk vir kerk gebruik en daarvolgens leef en handel as jy nie sê jy is kerk nie. Nie alle kerke wat hulleself kerk noem is waarlik kerk nie.
Ons moet oppas dat die valse kerk nie die woord, en begrip van kerk van die ware kerk beroof nie. Deur die geloof sê ons, ons is kerk! Die kerk wat Jesus bou. Ons verantwoordelikheid is nie om kerke te bou nie, ons verantwoordelikheid is om die koninkryk te vestig hier op aarde soos wat die in die hemel is, dan sal Jesus selfs sy kerk bou. Mat 16:18
Dit is ons roeping: soos Jesus ons geleer het in sy apostoliese gebed. laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; (Mt 6:10). Later Stuur Jesus sy dissipels om dieselfde te gaan doen wat Hy gedoen het. En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. (Mt 10:7)
Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid. (Re 11:15)