Ons hoor so baie wat verkeerd met die kerk is, maar wat is die onwankelbare realiteit van kerk wat nie geskud kan word nie? (Heb 12:21-29) Die mense stig organisasies, maar die Here belowe: “op hierdie rots sal ek my kerk bou en die hekke van die hel sal nie daarteen kan stuit nie” (Mat 16:18) Hierdie rots was nie Petrus nie, maar wel die openbaring wat hy gehad het dat Jesus waarlik die messias is. Sedertdien het miljoene mense al tot die openbaring gekom dat Jesus regtig is wie Hy sê Hy is. SIEN die wonderlike OPENBARING van dié wat teen ons is, is BAIE meer as die wat teen ons is. SIEN die heerlikheid van die EENHEID van die KERK wat was en is en sal wees! SIEN die GELOOFSKARE Feesgangers, bloedgewaste gemeenskap van gelowiges wat Jesus HERE noem!
https://hrco.co.za/preke/n-bybelse-definisie-van-die-kerk-as-geestelike-ekosisteem/