Ons praat mos ook soms in Afrikaans van iemand wat ʼn verkeerde gees oor ʼn saak of persoon openbaar. Met verkeerde gees in hierdie verband bedoel ek nie iemand is demonies besete nie. Dit dui net daarop dat iemand se ingesteltheid of bui oor ʼn sekere saak of persoon nie die vrug en karakter van God openbaar nie. Die vraag is; "Hoe identifiseer en verander ek hierdie verkeerde gees?"