Jesus het 'n lewe van selfverloëning geleef lank voor Sy kruisiging. Hy het Sy aardse feilbare ouers gehoorsaam tot Hy 30 jaar oud was. Hy het verkies om as 'n ambagsman Sy bestaan te maak eerder as om 'n priester, fariseër, skrifgeleerde of deel van die godsdienstige elite - Die Sanhedrin te word. Hy het gekies om in die klein berugte dorpie Nasaret te bly, eerder as in die weelderige Sephoris of Tiberius. Hy het min wonderwerke gedoen gedurende hierdie vroeë jare en het geen ambisie gehad om bekend te word voordat die tyd reg was nie. LEER hierdie Paasnaweek die geheim van die OPSTANDINGLEWE in JESUS CHRISTUS… #surrender #selfabondonment #selfloos #selfforgetful #contentment #meekness #selfdenial #takeupyourcross #bearYourCross