Listen

Description

Die Goddelike Restourasie van Familie 

Rut is ‘n familie storie: 
Sowat 90 persent van die verse in die boek Rut begin met die letter ‘vav’. Die ‘vav’, die sesde letter in die Hebreeuse alfabet. Hierdie letter kry spesiale betekenis omdat dit dien as die uiteindelike verbinder letter.  ‘Vav’ dien as ‘n brug letter, soos die "en" ‘n verbindingswoord is: gevolglik, met, en dus, en ander soortgelyke woorde.

Rut: “vriendskap”
Maglon: “sieklik” “onvrugbaar” 
Giljon: “swak” “op die einde”  
Elimeleg: “my God is Koning” 
Naomi: “lieflik, ”aangenaam” 
Orpa: “bokkie”
Boas: “In hom is sterkte”

Die boek Rut was gelees op Shavuot, die fees van Pinkster, 50 dae na die Pasgafees. Pinkster of Shavuot val op die sesde dag van Sivan, die dag waarop die Torah gegee is aan Moses op die berg Sinai. Die boek Rut is vol met gevalle van geestelike familie verbintenisse wat herstel word. Dit begin met Elimeleg, wat sy familie en volk verlaat vir oorlewing en ekonomiese vooruitgang. Dit asof hy nie omgee vir sy familie verbindings nie, hy verlaat hulle toe die hongersnood uitbreek en verhuis na Moab. Maar teen die einde van die boek, sien ons baie verbindings uitgelig. Kragtige pa-seun verbindings, en die familie bloedlyn van Jesus herstel, Obed was koning David se oupa.  

Rut versinnebeeld hoe iemand wat nie deel is van God se familie moet maak om deel te word: Haar reis begin as 'n ‘nochriyah’, ‘n uitlander (Ruth 2:10), sy beskryf haarself as 'n ‘shif'chah’, slavin (Ruth 2:13), en dan as 'n ‘amah’, diensmeisie (Ruth 3:9). Teen die einde van die storie, noem Boaz, haar toekomstige man, haar 'n ‘ishah’, edel vrou (Ruth 4:10), en uiteindelik as deel van die geslagregister van die Messias as Dawid se groot Ouma. (Ruth 4:17). 

1) Verbondsverbintenis: “Waar Ma ook al heen gaan, sal ek saamgaan en waar Ma gaan bly, sal ek ook bly. Van nou af is Ma se volk ook my volk en Ma se God is my God. 17Waar Ma eendag te sterwe kom, kan ek ook maar doodgaan en daar begrawe word. Ek sweer voor die Here dat net die dood ons sal skei.” (Rut 1:16) Die hoofrede hoekom hierdie boek by die Pinkster fees, of fees van weke gelees word, is Rut se respek vir die Torah. Haar skoonmoeder se lewe en toegewydheid het haar aangetrek, en volg die tradisies en voorskrifte van die wet na, met liefde en toewyding.  
2) Sy Soek Familie Op: “Jy was baie onselfsugtig toe jy besluit het om by jou skooma te bly, maar jy is nou nog meer onselfsugtig. Want jy kon vir jou maklik ’n jong man uitgesoek het wat jy graag wou hê. Maar nou het jy jou plig gedoen deur my te vra om met jou te trou.” 11Ek sal doen wat jy vra en jy hoef nie bang te wees nie, want almal in die stad weet jy is ’n ordentlike vrou. (Rut 3:10) 
3) Sy voer die opdragte en instruksies met nederigheid en ootmoed uit: Luister nou mooi—hy sal vannag by die dorsvloer wees waar hulle besig is om die graan skoon te maak wat klaar gedors is. 3Bad nou en gebruik ’n bietjie parfuum. Trek dan jou mantel aan en gaan na die dorsvloer toe, maar sorg dat hy jou nie sien voordat hy klaar geëet en gedrink het nie. 4Kyk mooi waar hy gaan lê om te slaap en as hy eers aan die slaap is, moet jy langs hom gaan inkruip. Dan sal hy verder vir jou sê wat jy moet doen. 5“Ja Ma, dis goed,” antwoord Rut. “Ek sal so maak.” (Rut 3:2-5) 
4) Sy werk hard en neem haar gekose plek in: Dis ’n jong Moabitiese vrou wat saam met Naomi van Moab af gekom het,” antwoord die voorman. 7“Sy het gevra of sy graan mag optel waar ons klaar geoes het, en sy is al van vanoggend af aan die gang tot nou toe sonder om eers ’n bietjie te gaan rus.” Rut 2:6 Die armes kan teen die kante van die veld, are optel volgens gebruik. Sonder enige arrogansie, wedywering, doen sy haar werk in stilte, soveel so dat die werkers haar opmerk.  Sy het geen ambisie en aanstellerigheid toe Boas vir haar goed is nie. Toe buig Rut neer met haar gesig na die grond toe,