Die vermoë om nee te sê, terug te hou, plesier en beloning uit te stel is sinoniem met koning-wees, nobiliteit en volwassenheid. Dis inderdaad baie moeiliker as emosionele impulsiewe oorgawe aan luste en drange, maar dit is wat ons juis onderskei van ons dierlike instinkte. Jesus is 'n perfekte voorbeeld van onthouding, terughouding en self-dissipline - word in HOM bemagtig om ook koninklik te oorwin in dié LEWE.