God se liefde vir ons, en ons liefde vir mekaar is die somtotaal van die lewe. Dit is vervat in die groot gebod. Die opsomming van die hele wet volgens Christus. As ons God lief het met ons hele hart, siel krag en verstand, en ons naaste soos onsself word die lewe 'n lied, 'n simfonie van goddelike heerlikheid hier op aarde!