Listen

Description

Die opstanding van Jesus Christus was die historiese vonk wat die Jesus-beweging ontbrand het — die begin van die Kerk — en dit bring al byna 2000 jaar lank lewe, geloof en transformasie aan volgelinge regoor die wêreld.

Meer nog… die opstandingskrag van die Here gee ons nie net hoop vir die lewe ná die dood nie — dit is ook die morele, heilige, goddelike transformerende krag van God wat nou reeds in ons werk. Dit is die genade van God wat in ons in werking kom wanneer ons aan die einde van onsself gekom het. Die einde van al ons eie geregtigheid, selfverbeteringspogings en vleeslike mensgerigte godsdiens. In daardie plek van total oorgawe, waar ons niks meer het om te bewys nie, begin sy opstandingslewe kragtig in en deur ons werk!