Wat hou die toekoms vir ons in? Dis ’n vraag wat in hierdie tyd al hoe meer in ons harte opkom. Daar is vandag geen tekort aan doemprofete nie—mense wat voortdurend die einde van die wêreld aankondig. Soms, as ons luister na die chaos van die nuus, die verwarring van politieke ontleders, en die morele verval in die samelewing, vul ons harte met angs en onsekerheid. En dan wil die wêreld ons nog vertel hulle weet wat kom? Die sogenaamde “toekomsvoorspellers” kan nie eers ’n plaaslike verkiesing reg voorspel nie, maar wil namens ons hoop of wanhoop verkoop.
In Rom 13:8-14 gee Paulus vir ons ’n padkaart na ’n vaste en seker hoop en toekomsverwagting. Luister gerus hierdie boodskap om jou siel te versterk in Christus Jesus ons Here!