Sonder standaarde sou die alledaagse lewe wat ons ken eenvoudig nie werk nie. Standaarde is nodig om veiligheid, betroubaarheid en interoperabiliteit te verseker, van tegnologiese toestelle tot kantoor en huishoudelike items tot dienste wat die wêreldekonomie aanvuur. Sonder internasionaal aanvaarde standaarde sou daar geen vertroue in die globale voorsieningsketting van goedere en dienste wees nie.
God het egter eerste aan die mens STANDAARDE gestel - die Bybel is ’n versameling van God se standaarde van REG lewe!
Jesus waarsku telkens wat sal gebeur as ons nie GOD se STANDAARDE handhaaf en daarvolgens leef nie!
Kom LEER in die hierdie Boodskap van JESUS SE GESKENK VAN GEREGTIGHEID wat ons instaat stel om volgens Sy wil reg te lewe. Die evangelie boodskap stel nie net die REGLEEF standaarde nie, maar bemagtig ons ook om daarvolgens te leef.
Die Woord, en die Heilige Gees saam met die Liggaam van Christus word dan ook ’n objektiewe toets meganisme om te sien of ons wel volgens God se Standaard Reg leef.
Mattheus 25:1-44