Listen

Description

In tye soos hierdie kan mens jouself nie help nie om soms terneergedruk en swaarmoedig te voel nie: Die covid 19 pandemie en gepaardgaande onsekerheid, wetgewing wat nie sin maak nie, waarin ons geen sê gehad het nie, ontneem ons van noodsaaklike inkomstes. Terwyl die getalle nou vinnig besig is om te styg, voel mens benoud en bang! Jan Oosthuizen praat oor ‘n Bybelse Koninkryk wapen om jou geestelike immuniteit op te bou: LOFPRYSING! Deur die eeue was daar al baie swaar tye oor die aarde. Alhoewel die frekwensie meer gereeld raak, soos ‘n vrou se geboorte pyne nader aan mekaar is as die baba gereed is om te kom. Die Bybel gee ons iets om te doen!