Geloof is altyd ‘n aksie. Ons veiligheid is belangrik, maar oordrewe veiligheid inhibeer ontwikkeling. Seuns ontwikkel juis deur soms gevaar te trotseer, en bedrewe te word in allerhande vaardighede, soos skaatsplank, boomklim, en van hoogtes afspring. Ons geloof groei nie deur wat ons van die Here weet nie, maar deur dit wat ons weet in aksie te beproef!