Elke dag bestaan uit tientalle beslissings, besluite, transaksies, ooreenkomste, konfrontasies en oordele. Hoe behou 'n mens koers deur die warboel van uitdagings, siektes, verlies, afleggings, ongelukke, misdaad en natuur rampe? Jesus leer in Mat 7:24-26 dat die mens wat Sy WOORDE HOOR EN DOEN is soos iemand wat sy huis op die rots gebou het! Ontdek in hierdie preek God se voorsiening vir jou in moeilike tye!! #doenreg