Identiteitsdiefstal is nie net ‘n fisiese probleem of elektroniese misdaad probleem nie, die ‘n wesenlike geestelike krisis! Mense weet nie wie hulle bestem is om te wees nie. Mense maak en vorm hulle eie idee van wie hulle is, en mis sodoende hulle Godgegewe roeping en skeppingsdoel.
Sonde is identiteitsdiefstal – jy is na God se beeld geskape. Gen 1:27 | Rom 8:29.
Sonde: “Hamartia” – Verkeerde identiteit (Mike Wood)
Mense verklap hulle identiteit onbewustelik op vele maniere, soos met bufferplakkers, nommerplate, profielopskrifte en beskrywings op sosiale media. Die manier waarop ons aantrek en ons hare stileer en die besluite wat ons daagliks neem is vooraf bepaal deur ons identiteit soos ons dit sien. Tatoes word gekies om identiteit uit te druk en ’n beeld te vorm: Wie is ek?
As jy jouself met een woord moet identifiseer en beskryf, wat sal jy kies: soos met gepersonaliseerde nommerplate. ‘convict’? ‘gangsta’? ‘wild1’? ‘sexymom’? Bufferplakkers soos “Mom’s Taxi”, “Villain” en selfs vloekwoorde word gebruik om die eienaar van die voertuig te beskryf.
Paulus het die Nuwe-Testamentiese gelowiges aangespreek as geheiligdes, heiliges, (1 Cor. 1:2; Rom. 1:7), gelowiges, geroepenes, medewerkers! Dit lyk makliker om jouself as ’n sondaar, verloorder, mislukking te beskryf eerder as om op te staan en aan jouself te dink as ’n heilige, geheiligde, geroepene. Tog is dit presies wat gebeur wanneer jy ’n navolger van Christus te word. Jou identiteit verander (2 Cor. 5:17). Jy is ’n nuwe skepsel.
Ons skeppingsdoel is om soos Christus te wees. (Rom 8:29). Dit is vir die méns onmoontlik om soos Christus te word, maar vir God is alles moontlik. Ons kan nie soos Jesus wees met ons eie krag en vermoë nie. Indien ons dit sou regkry, wil ons as mens verheerlik word. Die ryk jongman het al die vereistes vd wet vervul, maar kon nie die Here gehoorsaam om alles te verkoop en Hom te volg nie. (Matt. 19:26) Ons moet onsself verloën, deur aan Hom gehoorsaam te wees in alles wat Hy ons beveel. (Mat 16:24) Wanneer ons sterf vir die ou self, dan rig Hy ons op in Christus. (Phil 3:10) Ons identiteit is opgesluit in Christus. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God (Col. 3:3).. [E]n julle ju