Onlangs, tydens Dr. Braam Hanekom se besoek, het hy vermaan dat immigrasie nie maklik is nie en teen ’n groot prys kom. Baie mense kan ook nie immigreer nie… maar ’n groter tragedie is om in RSA te bly, terwyl jy in jou hart alreeds geëmigreer het!
Die teendeel is ook hartseer: hoe baie Suid-Afrikaners is tans in vreemde lande, maar hulle hart is eintlik hier!
“Want ons weet dat as ons aardse huis, hierdie tentwoning, afgebreek word, ons ‘n gebou van God het, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig in die hemele. Want in hierdie woning sug ons ook, terwyl ons verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word—… Want ons wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie…”
As gelowiges is ons ALMAL pelgrims… mense van die WEG… nie mense wat iewers VERTOEF nie. Ons Burgerskap is in die HEMELE! Dit beteken egter nie dat ons hande sit en vou, en wag vir die wegraping nie!! Ons is aangewese AMBASSADEURS om waar God ons ookal plaas SY KONINKRYK en EDEN-wêreld te leef en te demonstreer!
#immigrasie #immigreer #xpats #foreigners #immigrants #calling #roeping