Listen

Description

Kreatiwiteit is die vermoë om iets nuut deur vindingryke bekwaamheid te skep, of 'n nuwe oplossing vir 'n probleem te ondek, 'n nuwe metode of apparaat te produseer, of 'n nuut artistieke (kunswerk) voorwerp of vorm. Die term verwys gewoonlik na 'n rykheid en oorspronklikheid van denke.

Kreatiwiteit is die skeppings vermoë wat ons van God ontvang  het. Dit is in alle mense teenwoordig!  Die probleem is dat mislukkings  wat ons in die lewe ervaar het,  die kreatiwiteit in ons lewe versmoor het.  Ons moet nie toelaat dat  versperings  ons verhinder nie, ons moet om  dit beweeg.  Ons het bang geword om te waag!