Om van elke molshoop ‘n berg te maak kan ‘n toksiese gewoonte raak, wat die mense om jou en jou geestelike lewe negatief beïnvloed. Ons doen dit meestal sonder dat ons daarvan bewus is, maar baie mense sien in die geringste kwessie ‘n reuse probleem of krisis. Almal beleef swaar en probleme, maar sekere mense sal met dramatiese byvoeglike naamwoorde dit altyd laat klink asof hulle slagoffers is van ‘n geheime sameswering. Ander sal altyd die fout wat begaan is van ‘n byeenkoms, transaksie of idee uitlig. “Beproef alle dinge; behou die goeie” (1 Thes 5:21) https://hrco.co.za/preke/verander-jou-berg-in-n-molshoop/