Listen

Description

In ’n wêreld waar mense elke dag nader aan mekaar behoort te leef, voel dit soms asof ons verder en verder uitmekaar dryf…

🧍‍♂️ Oud en jonk.

🧍🏾‍♀️ Verskillende kulture en etnisiteite.

🧍🏿 Verskillende ekonomiese klasse.

🧍🏼‍♂️ Geslote klieks en harde harte.

Ware sosiale kohesie is op ’n laagtepunt.

Ons sê ons is gekonnekteer — maar hoeveel mense voel regtig gesien, verstaan en aanvaar?

Hoe vind ons mekaar weer?

Hoe bou ons brûe in plaas van mure?

Hoe bring ons die liefde van Christus in ’n wêreld wat al hoe meer verdeel word?

👉 Hierdie Sondag kyk ons saam na God se antwoorde:

• Wat sê Jesus oor ware gemeenskap?

• Hoe genees God die afstand tussen mense?

• Hoe begin versoening in die klein dinge van elke dag?

Kom luister, kom leer, kom behoort.