'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir AlmalOns is getuies van 'n merkwaardige verandering in Suid-Afrika – 'n nuwe era van samewerkende regering. (Regering Nasionale Eenheid)Ons het landwyd verenig in gebed en intersessie. Natuurlik moet ons aanhou bid dat die laaste stuiptrekkings van populistiese verdeeldheid nie die delikate eenheid en samewerkings-ooreenkoms laat verbrokkel nie. Wat is die pad vorentoe? Terwyl moderne ekonomiese stelsels (kapitalisme en sosialisme) geneig is om na uiterstes oor te slaan – kapitalisme wat individuele rykdom en markvryheid beklemtoon, en sosialisme wat kollektiewe eienaarskap en rykdomherverdeling voorstaan – bied die Bybel 'n middelpad. Hierdie benadering kombineer persoonlike verantwoordelikheid met gemeenskaplike mededeelsaamheid, en lê klem op die ontwikkeling van innerlike waarde en karakter. Ek sien in die geloof dat die Here besig is om ’n koninkryk-gedrewe Christus-waarde-gesentreerde - Praktiese PLAN in verskillende dorpe in Suid Afrika te vestig wat nie net praat oor oplossings nie, maar dit demonstreer!