Listen

Description

Nog nooit in die geskiedenis was daar herlewing as gevolg van ‘n politieke party, ‘n nuwe toonaangewende sakeonderneming, of ‘n deernis gedrewe NGO nie. Herlewing gebeur in die kerk waar mense hulle harte na die Here bekeer, en saam God se oplossings vir die wêreld se nood demonstreer! Ekonomiese Jubileum waar niemand tekort gehad het nie, inklusiewe nie-rassige liefde en omgee, emosionele en geestelike vervulling, en koersvaste roeping identiteit is deur die eerste volgelinge van Jesus gedemonstreer!! Heiligheid is nie ‘n verhewe vroom witgepleisterde grafstene nie, Heiligheid is die teenwoordigheid van ‘n liefdevolle regverdige God! Dit is NOU tyd vir herlewing!! Sien jou Sondag in die Kerk!