(Joh. 19:23) En toe die soldate Jesus gekruisig het, neem hulle sy klere en maak vier dele, vir elke soldaat ’n deel en die onderkleed; maar die onderkleed was sonder naat, van bo af in een stuk geweef.
Definisie van naatloos: Ons praat van ’n roman se naatlose storielyn. Of naatlose, vry vloeiende optrede; ’n naatlose uitvoering. Glad, aaneenlopend, eenvormig in kwaliteit: ’n naatlose samevoeging van kuns en vermaak. Naatloos – volkome konsekwent en samehangend; “die roman se naatlose plot”: samehangend, konsekwent, logies, georden – gekenmerk deur ’n ordelike, logiese en esteties konsekwente verband tussen dele; “’n samehangende argument.”
Wat estetika (skoonheidsleer) betref, lyk dit asof naatloosheid dui op skoonheid, eenvoud en verfyndheid. ’n Persoon wat ’n lewe in Christus lewe, leef ’n naatlose lewe (Joh. 15:1-15). Jesus se onderkleed dui op hierdie soort lewe! “Laat U Koninkryk kom en U wil geskied” sê dat ons gewillig is om Sy wêreld te weerspieël (Matt. 6:10). ’n Naatlose vloei tussen hemel en aarde.
Die onderkleed is ’n vervulling van Psalm 22:19. ’n Mens se onderkleed is jou eerste laag klere – teen jou vel. Kledingstukke wat heeltemal sonder nate is, soos die een wat Jesus gedra het, was uniek aan Palestina. Dit is op regopstaande weeframe geweef waar twee stelle vertikale skeringgaring gebruik is, een aan die voor- en een aan die agterkant van ’n dwarshout. Die wewer het sy weefspoel wat die horisontale weefdraad bevat van die voorkant na die agterkant beweeg en so ’n silindriese stuk materiaal geweef. ’n Naatlose kleed was waarskynlik ’n skaars besitting en vir die soldate iets wat hulle begeer het.
Die feit dat die kledingstuk genoem word, beteken dat Jesus as hoëpriester opgetree het. Die hoëpriester het tydens die Pasga so ’n kleed gedra. Om die waarheid te sê, die priester mag nie sonder die kleed opgetree het nie (Eseg. 44:19). Linne-hoofversiersels moet op hulle hoof wees en linnebroeke moet aan hulle heupe wees; hulle mag hul nie gord met iets wat laat sweet nie (Eseg. 44:18).
’n NAATLOSE LEWE IS EEN WAAR:
Die geskenk van regverdigheid maak dit vir ons moontlik om deurentyd vanuit Sy geregtigheid te lewe . . . daarom begin ons altyd in Hom (Matt. 6:33). Sien Alan Platt se boek: