'n era van internet soek enjins en AI maak ons nog tyd om God te raadpleeg? Vra ons na Sy Raad? Soek ons Sy wil? Hoor ons Sy stem?
Om God se stem te hoor en te herken, is ’n kernonderwerp in byna elke kerk wêreldwyd. Ten spyte van ons verskille, is dit die diepste rede hoekom ons kerk toe kom—ons begeer om God se wil vir ons lewens te verstaan. Ons wil Hom beter leer ken, Sy hart begryp, en self Sy stem hoor! Dit is nie net ’n aspek van geloof nie, maar die hartklop en middelpunt van ons bestaan as kerk.
Vir die wat ORE HET OM TE HOOR hier volg ’n paar praktiese maniere om God se stem te onderskei, in ’n wêreld van te veel stemme en geraas.