In hierdie onsekere ekonomiese tye is ons almal bekommerd oor die toekoms. Ons is letterlik seker van niks nie. In die laaste dekade is al die fondamente van ons moderne samelewing geskud: Klimaatverandering en gevolglik meer uiterse droogtes en vloede; die 2008 Bankkrisis met reuse finansiƫle instellings wat oornag in duie stort; die 18 maande inperkings van Covid 19 en geliefdes wat skielik van ons weggeruk is sonder dat ons hulle fisies kon groet, oorlog in die Oekraine met skynbaar geen einde in sig nie, op ons tuisfront is ons uitgelewer aan beurtkrag en soms gepaardgaande water tekorte, asook landswye swak dienslewering. Staatskaping en politieke onstabiliteit laat elke belastingbetaler wat moet swoeg en sweet vir oorlewing se bloed kook!! Die werklikheid is ook, dat daar geen kitsoplossing vir hierdie probleme nie. Is ons hulpeloos uitgelewer aan hierdie omstandighede of het ons as gelowiges insig of enige ander perspektief op die wyse hoe die mensdom tans ontwikkel? Ons begin Maandag aan met 'n nuwe AANLYN BYBELSKOOL waar ons die 12 kleiner profete gaan bestudeer, en antwoorde en rigtingwysers soek om God se Hart en Wil te verstaan in tye van ontwrigting en onsekerheid. VANDAG SE BOODSKAP IS 'N LUSMAKER en INLEIDING tot hierdie KURSUS. https://hrco.co.za/bybelskoolkursusse... #Profesie #Toekoms #onsekerheid #ontwrigting #Eindtye #Perspektief #Rigting