Listen

Description

DRAAI VANDAG TERUG NA DIE HERE!

Ons leef in ‘n tyd van die groot afval (apostasy). Al hoe meer hoor mens selfs van predikante wat hul geloof prysgee en ‘n ander pad inslaan. "Die Here beweeg altyd vorentoe… as jy nie by Hom bly nie, val jy terug!”

Ek worstel soms met die hardheid van mense se harte in ons gemeenskap. Vir 25 jaar het ons die Woord van die Here met eerlikheid en egtheid bedien—op elke moontlike manier, vanuit gebroke kruike. Ons sien vrug, daar is sukses, maar steeds bly so baie mense koud en ongevoelig teenoor die geloof. Dit bly ‘n diepe hartseer en ‘n roepe tot aanhou bid en werk.

Ek word egter bemoedig deur die Woord, wat my herinner dat hierdie teenstand niks nuuts is nie. Selfs die Volmaakte Een, Jesus die Heilige, is deur mense verwerp. As hulle Hom, die Lig van die wêreld, nie wou aanvaar nie, hoe veel meer sal ons weerstand ervaar? Tog weet ek: Sy Woord keer nooit leeg terug nie.

Kom ons kyk na die redes wat die mense aangevoer het, hoekom hulle nie glo nie, en selfs die wat eens geglo het, afvallig geword het. Die Woord geeLIG!