Listen

Description

Ons lewe in die era van informasie: Nog nooit was soveel inligting binne bereik van die gewone mens op straat nie, tog blyk dit dat inligting nie mense moreel beter maak nie. Net so min as die inligting op ’n sigaret pakkie jou gaan laat ophou rook, net so min gaan inligting jou ‘n beter mens maak. Wanneer jy die inligting egter begin toepas, dan verander alles.  Self die wyse Salomo het verstaan dat die versamel van inligting en kennis ‘n gejaag na wind is.  Eccl 1:15-18 15Daar is soveel dinge wat verkeerd is wat nie reggemaak kan word nie en daar is soveel dinge wat kortkom dat ’n mens nie alles kan tel nie. 16Ek het gedink ek het meer kennis as al die ander wat voor my oor Jerusalem geregeer het omdat my wye ervaring gelei het tot groter kennis en insig. 17Maar toe ek my daarop toelê om uit te vind wat die verskil tussen kennis en insig aan die een kant en dwaasheid en onverstandigheid aan die ander kant is, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat so ’n ondersoek ook net so min beteken as om agter die wind aan te hardloop—18hoe meer kennis ’n mens het, hoe meer probleme het jy; hoe meer ’n mens weet, hoe meer hartseer bring dit vir jou.

 ‘n baie geleerde man wou my eendag kom sien. Sy woorde na ‘n lang gesprek het my getref: “I have exhausted my intellect and cannot seem to find real peace” Later sou hy eenvoudig bely en erken dat hy glo dat Jesus werklik is. Sy lewe het in ‘n oomblik verander, en hy het Vrede gekry. “Die wysheid van die slimste mens maak Ek tot niet en die geleerdste mens se begrip tel by My niks.” 20Maar wat dan van die kenners en die geleerdes, die navorsers? God het reeds bewys dat die wysheid van mense in hierdie wêreld onsin is. 21God het deur sy wysheid dit so bepaal dat mense Hom nooit werklik sou leer ken deur hulle menslike kennis nie. Maar nou kom God en red almal wat sy boodskap glo (1 Cor 1:19-21)

Die wysheid wat Daniel dus besit het, was nie bloot sterk verstandelike vermoëns nie. Sy wysheid was gesetel in wie hy geken het. 

Wisdom is a Person.  All true wisdom comes from God, He is the source of all true wisdom.  Daarom word ons verplig om tot God te nader om wysheid by Hom te bekom. James 1:5-6 Your proximity to the source of wisdom will determine the measure of Godly wisdom you will possess. 

Wisdom is having the mind of God. The more you think like God, the more you will act like God.  Daarom moet ons ons denke laat vernuwe. Rom 12:1 Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie. Isa 55:8  Hoe meer jy tyd in die Woord spandeer, (Col 3:16) en lewe gevul deur die Heilige Gees (Eph 5:18) en wandel in dit wat Hy jou leer (