Listen

Description

Hoe meet ons ons waarde? Wat was vir Jesus van waarde? Hoe maak ons as mense ons nie van waarde ag nie?Ons sukkel maar as mens om die regte, ewige, onverganklike waarde van ‘n mens te bepaal. Geen aardse objek is ewig nie! Net die mens is bestem om ewig te lewe. Hoekom waardeer mense nooit wat hulle het totdat dit eers weg is nie? Die koninkryk van God boodskap is ‘n “reset” van alles wat ons as waardevol beskou.