Ons is almal besig om … iemand te word. Ons verander almal. Verander van wie ons nou is, na wie ons gaan wees. Geen mens bly dieselfde nie, ons is almal, ten goede of ten kwade, besig om iemand nuut te word.
Die lewe verander ons. Ons omstandighede, ons vriende en familie, ons besluite, ons gewoontes, ons verlede speel alles 'n rol in die vorming van wie ons word. Elke jaar is ons besig om iemand te word. Die vraag is egter of ons 'n sê kan hê oor wie ons word. Is ons 'n slagoffer van ons omgewing wat besig is om ons te vorm, of kan ons besluit of beïnvloed wie ons word?
As ons kan, dan is die eintlike vraag wie wil ek word?
In hierdie preekreeks wil ons ontdek wie dit is wat God van jou bedoeling is om te word, en hoe jy prakties daardie persoon kan word.