Ek het jare terug die film Shooting Dogs gekyk. Die film oor die 1994 Ruanda Genocide. Die film is gemaak deur oorlewendes van die groot tragedie. Ek voel soos een van hulle tans. Hulle moes weer terugkeer na die slagveld op ‘n emosionele en ‘n fisiese manier. Dis hoe ek voel nadat ek die naweek weer by my kinderhuis was. Die enigste verskil tussen my en die oorlewendes is, my slagveld het vererger. Dis massachetties wat hulle jare terug gebruik het is nou ingeruil vir bazookas en atoombomme.
Ek is dankbaar dat ek nou na vier dae terug kon instap weer in my sanctuary, my veilige hawe, die trane het gerol onbeheersd vir die tweede keer hierdie week toe ek besef hier is ek veilig. My hart breek immers vir die wat nogsteeds in die slagveld bly.
Ek wonder baie kere of die Kubanese besef het Fidel Castro was ‘n diktator en dat hulle daaglikse lewenstyl was ingevleg met marteling en emosionele teistering. Het die Zimbabweërs besef dat Robert Mugabe is besig om sy eie toring van Babel te bou, ten koste van hulle basiese lewensregte? Ek het verlede week na ‘n podgooi geluister oor die Huis van Gruwels en die oudste dogter wat oorleef het wat nou ‘n boek geskryf het, in haar boek en die podgooi verduidelik sy dat sy het gedink hoe sy opgevoed was, was normaal. Dis baie keer die probleem met slagoffers van ‘n mishandelde verhouding, hulle besef nie dat die behandeling is eintlik mishandeling nie. Nou eers na die naweek het my oë oopgegaan. Ek is dankbaar God het my relatief bullet proof gemaak vir sy optredes, maar my hart breek in tien duisend stukkies vir die tsunami van verwoesting wat ek raaksien wat hy saai vir diegene rondom hom.
Ek glo daaraan om labels op te plaas op al ons probleme, dus is hierdie my eerste poging om die labels daarop te plaas, om te bid vir genesing, vir die slagoffers eerstens en belangrikste, vir my eie laaste stukkie van die emosionele genesing vir my kinderdae. Dalk net dalk is daar nog ruimte vir ‘n wonderwerk vir genesing vir hom, maar eerlikwaar release ek daardie droom, ek het lank genoeg gewag, gebid en gehoop.
Ons het Sondag oggend na ‘n preek geluister van Mosaiek kerk, in die preek het die pastoor verduidelik dat Jesus moes uit die ryk van Herodus kom, vir beskerming. Eers later nadat Jesus groot was sou hulle as ‘n gesin terugkeer na die ryk van Herodus om die manipulasie, ook nog ‘n diktator se optredes te kon evalueer. God het my ook so beskerm, vir die afgelope 6 jaar het God my geseën met soveel, eintlik ‘n oorvloed van normale gesonde verhoudings, dat ek die naweek duidelik die onderskeid kon sien tussen die diktatorskap en normale gesonde liefde.
In die huis van ‘n diktator is dit soos om permanent skeerbuik te hê, alhoewel jy daagliks voeding kry, ‘n tipe van liefde, omgee en versorging, voel jou siel en gees nogtans leeg, bleek, anemies en siek. Jy sukkel immers om jou vinger daarop te plaas. In die afgelope 6jaar het God my so goed kom voed met ‘n normale, gebalanseerde dieëet van normale, gesonde liefde, dat ek kon dadelik die diagnose maak die naweek dat ek ly nou aan emosionele skeerbuik.
How I met your mother verwysing oor die Captain: https://www.youtube.com/watch?v=3HCuxEi3uX8
Preek van Mosaiek kerk: https://www.youtube.com/watch?v=KLlrjv_1fHM&t=29s