Listen

Description

Psa 109:7  As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word. – selfs die Godsdienstige goed wat jy doen is verkeerd

7Sy lewe moet vir hom ’n nagmerrie wees.

Wanneer hy voor die hof kom, moet hy geen kans hê nie.

Die regter moet hom dadelik skuldig bevind.

As hy bid, laat dit selfs as ’n misdaad gereken word.

Psa 109:8  Laat sy dae min wees; laat ‘n ander sy amp neem. – min lewe, min energie, retrenchment, afdanking, sekuriteit by jou werk is gesteel

8Laat hom baie jonk doodgaan. Iemand anders moet sy werk kry.

Psa 109:9  Laat sy kinders wese word en sy vrou ‘n weduwee; - fisies, maar ook emosioneel

9Sy kinders moet weeshuis toe gaan.

Daar moet niks wees wat sy weduwee kan erf nie. Sy moet stoksielalleen agterbly.

Psa 109:10  en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af.

10Laat sy kinders loop en bedel. Hulle moet kos in asblikke gaan soek.

Mense moet hulle van die een ashoop na die ander wegjaag.

Psa 109:11  Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.

11Mense vir wie hy geld skuld, moet alles kom vat wat hy het.

Hy moet elke liewe sent betaal.

Die res van sy goed moet mense wat hy nie eens ken nie, kom steel.

Psa 109:12  Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.

12Niemand moet daardie slegte mens kan vertrou nie.

Almal moet hom in die steek laat.

Niemand moet hom eens jammer kry nie. Niemand moet hom liefhê nie.

Ook sy weeskinders moet sonder liefde grootword. Isolasie en eensaamheid

Psa 109:13  Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.

13Hy moenie ’n nageslag hê nie. Mense moenie eens van hom weet nie.

Sy kinders en kleinkinders, ja, sy hele familie moet doodgaan. Niemand mag oorbly nie ongesiens

Psa 109:14  Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie. .

14Die Here moet sy ouers se sonde straf.

Die Here moet nie een van die slegte dinge wat sy ma gedoen het, vergewe nie.

Psa 109:15  Laat dié altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;

15Hy moet vir altyd die slegte vrugte pluk van daardie dade.

Die Here moet sorg dat niemand ooit weer aan daardie mense dink nie.