Listen

Description

Elke nuwe jaar maak ons keuses oor wie ons wil wees en ons stel doelwitte, maar hierdie is gewoonlik op onsself gefokus. Gewig verloor, geld spaar - tot die beste doelwitte is soms self gesentreƫrd. Om die lewe te leef wat God vir ons beplan, moet ons bereid wees om ons eie gemak op te gee ter wille van ander. Dis nie maklik nie, maar waneer jy minder op jouself fokus, kan die Here baie meer doen.