In die episode praat ek daaroor dat ons almal eintlik dissipels van verskillende dinge is. Dit waarvan ons baie hou, waarvan ons baie leer, waaraan ons baie tyd gee, wat ons opgewonde maak. Dit is ook wat met iemand gebeur wat werklik 'n dissipel van Christus is. Hy word dan die Een waaroor ons opgewonde raak en van wie ons baie leer.