In die episode probeer ek verduidelik dat ons nie vir God 'n guns doen as ons tyd met Hom spandeer nie. God het nie gunste van enigiemand nodig nie. Hy doen ons 'n baie groot guns om ons uit te nooi om vanuit Hom as Bron te leef as sy dissipels. Dit verseker die optimale manier van leef vir enige mens.