In die episode gesels ek daaroor dat ons nie net gered word om "hemel toe te gaan" nie, maar om hier op aarde te leef as dissipels, volgelinge, verteenwoordigers van God. Ons word geroep om Hom sigbaar te maak, teenwoordig te maak en sy gesindheid aan die wêreld bekend te stel.