God. Die woord is vir sommiges te heilig om te mag sê, vir ander is dit 'n vloekwoord. Vir baie van ons is ons al so gewoond aan die woord, ons vergeet soms van wie ons praat as ons sê, "God".
As inleiding vir die res van ons pad saam, begin ons die gordyn terugtrek oor waarvan ons praat as ons sê, "God".
Hier is die tekste waarna ek in die episode verwys.
Volgens die Bybel, is daar net een God:
Jes. 44:6; 45:18; 46:9; Joh.5:44; 1 Kor. 8:4; Jak. 2:19
Hierdie God word na verwys as drie persone:
Die Vader (1 Pet. 1:2)
Jesus (Joh. 20:28; Heb. 1:8)
Die Heilige Gees (Hand. 5:3-4)
Elkeen van hierdie persone het God se karaktereienskappe:
Hy is altyd oral: Ps. 139:7; Jer. 23:23-24; Matt. 28:20
Hy is bewus van alles: Ps. 147:5; Joh. 16:30; 1 Kor. 2:10-11
Hy is die magtigste wese wat bestaan: Jer. 32:17; Joh. 2:1-11; Rom. 15:19
Hy bestaan nog altyd, en sal vir altyd bestaan: Ps. 90:2; Heb.9:14, Openb. 22:13
Elkeen van hierdie persone tree soos God op, byvoorbeeld: Skep die Heelal
Die Vader: Gen. 1:1; Ps. 102:25
Die Seun: Joh. 1:3; Kol. 1:16; Heb. 1:2
Die Heilige Gees: Gen. 1:2; Job 33:4; Ps. 104:30
Die Bybel skep die prentjie dat die drie persone ‘een’ is:
Matt. 28:19; 2
Kor. 13:14
Welkom by die #watiswaarheid Podcast!
Kry meer by www.in-sight.life