Hoe ervaar jy God se nabyheid deur die week?
Baie van ons sukkel daarmee, asook om Sy stem te hoor. Dit is hoekom ons jou nooi om saam met ons op ’n pad van voorbereiding te stap, op pad na Pinkster.
Kom kuier saam met Pierre Engelbrecht waar hy gesels oor: “Die Oefenpad van Geloof: Die Opgestane Here en die Pad van Transformasie”. Ons staan stil tydens hierdie preek by Lukas 24:13–35.
Ons ontmoet die opgestane Jesus op die Emmauspad — ’n pad waar Hy ons help om weer te sien, te glo en nuut te leef. ’n Oefenpad van oop verstand, oop hart en oop wil.
#eKerkLewendig #OpgestaneHere #Pinksterpad #GodIsNaby