Listen

Description

Vir die ignorant mense wat dink ‘Boer Giel’
was Beer Adriaanse se eerste claim to fame… julle is way off.

Beer is een van die Afrikaanse rock
vakkeldraers en hy jol al drums sedert Hoërskool.

Ons gesels oor sy eerste punk band in
Bellville, die dae toe Zinkplaat begin het in Stellenbosch, pop culture in die
90s, koshuislewe en die feit dat Jack Parow se ma sy kluiterskoolonderwyseres
was.

Daar is stories oor toere saam met Delta
Blue, hoe Zinkplaat ’n record label begin het en toe sommer ook besluit het om
groot toerbusse te begin aan skaf om die MK Avontoer af te skop.

Ons riff ook oor daai keer toe Zinkplaat en
my band saam by ’n mal fees buite Lady Grey gaan speel het en toe Beer my
eenkeer duk geschroom agterop ’n wae gesien jol het by Afrika Burns.

Die wenners van die Trippy Grape records
albums word ook bekend gemaak.