Listen

Description

Francois Breytenbach Blom is seer sekerlik die mainste
metal-vocalist in Afrika en hy maak al sedert die 80s sy stem dik in Voice Of
Destruction en meer onlangs ook in K.O.B.U.S! saam met Theo Crous.

Hy bring die donderweer garage toe en vertel vir Willim van
sy skooldae, toe hy die eerste keer KISS in St.5 gehoor het, sy dae in die
weermag, sy eerste gig as ’n metal DJ en hoe hy eventueel by die SAUK begin
werk het as ’n klankingenieur.

Daar’s ook lekker stukke stories oor hoe hy vir Voice
Of Destruction gejoin het, mense wat bang is vir die duiwel en wat gebeur
wanneer jy K.O.B.U.S! se musiek agterstevoor om speel.

Kom hierdie Vrydag terug vir Deel 2.


Hierdie episode is met trots geborg deur VH Studios in die Kaap. As jy ‘n producer of engineer is wat opsoek is na ‘n wêreldklas studio fasiliteit OF as jy ‘n band of kunstenaar is wat jou nuwe album wil gaan record teen bekostigbare pryse – gaan na vhstudios.co.za.