Listen

Description

Het jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv
onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte
verskyn as ander?

Vandag se gas is Liny Kruger van LK Mediabook en sy help al
sedert die 90s om bands en kunstenaars famous te maak.

Haar eerste PR gig skop af by Dirk Ace se Trippy Grape
Records in Stellenbosch. En sedertdien het sy al publisiteit
behartig vir kunstenaars soos Fokofpolisiekar, Van Coke
Kartel, Chris Chameleon, aKING, Valiant Swart, Foto na Dans, Mango Groove, Luna Paige, Ard Matthews, Zebra & Giraffe, Natasha
Meister, Anton Goosen, Ashtray Electric en nog vele meer.

Liny bust ’n paar PR myths en ons kry ’n bietjie insig oor
wat alles agter die skerms moet gebeur voor ’n band ’n album launch, ’n review
kan kry of ge-interview kan word backstage.