Albert du Plessis het in 2000 Rhythm Records
begin waar hy as “vroedvrou” gehelp het met die geboorteproses van ’n klomp
legendariese albums deur ouens soos Fokofpolisiekar, Chris Chameleon,
K.O.B.U.S!, Valiant Swart, Brixton Moord en Roof Orkes, Tassenberg All Stars - Live @ Tassenberg Stalteater en
nog vele meer.
Albert kom kuier in die garage en ons gesels oor
grootword in Frankryk, sy connection met Breyten Breytenbach, Anton Goosen,
Valiant Swart, Fokofpolisiekar en die begin en einde van Rhythm Records.