Die jaar staan einde se kant toe en dit is nou ’n goeie tyd
om te begin recap WAT ons geleer het.
Willim sit in ’n klein Hollandse kamertjie op die 17de vloer
en hy spoeg en plak vir jou al sy gunsteling brokkies interviews uit die eerste 10
episodes uit. Hy las daai brokkies aan mekaar met sulke stukkies Shunt-bites.
Flashback
interview nuggets met Toast Coetzer, Francois van Coke, Piet Botha, Andries
Bezuidenhout, Rian Malan, Dirk Ace, Anton Goosen en Beer Adriaanse.
Onthou ook asb: Vhmusic.co.za launch hierdie Saterdag die 28ste Nov. ’n nuwe online music shop, my Engelse plaat Shunt op vinyl en die documentary wat ek gemaak het ‘Zeegunst: By Invite Only’ op DVD. Dit alles gebeur by Ellington’s in Bellville met een moerse party. Click hier om die event te join.