Listen

Description

Hanru
Niemand is bedags ’n koel en kalm sielkundige en snags skryf hy soms satiriese,
soms surrealistiese, maar meestal mooi songs.

Willim en
Hanru bespreek sy nuwe album Kreeftegang, al sy vorige albums, sy ontnugtering
oor hoe om op die radio geplaylist te word en wat alles soms agter die toe deur
van sy sielkundepraktyk kan gebeur. Somewhere is daar ’n kort psigoanalise van Gert Vlok Nel se bundel Om te Lewe Is Onnatuurlik.

Hulle gesels
ook oor die underrated waarde van moderne patrons of the arts.