Willim vra sy eie persoonlike vrou Marli Viljoen Barnard of sy hom sal
indulge om al sy stowwerige Oppikoppi-stories vir haar te kan vertel.
Marli stem in en Willim gaan op ’n memory-rant rampage oor sy trip, die
gig, Kreefhotel, daai couple van Swellendam wat so hard kan paartie, drummer
Kyle Gray se yin-yang psyche, bassist Gerhard Grobler wat deesdae ’n sound-engineer
celeb geword het, hoe om liefde te maak as jy vuil en dronk is, Lanie van der
Walt se jazz band, Chris van der Walt se vark metal band en hoe daai 5 Star
chocolate van Cadbury ‘n goeie voorbeeld is van ’n suksesvolle brand-activation
by 'n fees. Daar is ook conspiracies oor Jon Savage se Telecaster wat glo aan
Keith Richards behoort het.
Willim gee ook drie albums weg op die show en vertel vir jou van die
nuwe Radio Rats documentary wat Michael Cross gemaak het.