Ryno Velvet kom kuier in die garage en hy en Willim bespreek
die Gert Vlok Nel/Theuns Jordaan-debakel rondom Gert se song “Beautiful In
Beaufort-Wes”. Ryno se song “Ai My Lam” is ook al twee keer gecover deur
Stompdraai en Saarkie. Jan Blohm het ook al sy song "Lyfie" gecover. Hoe voel Ryno daaroor? Is alles in orde? Willim vra al die
vrae. Hulle riff oor SAMRO, CAPASSO, record labels, Huisgenoot, KYKNet, Netwerk 24,
pub-gigs, festival-gigs en Afrikaanse popkultuur.
Hulle gesels ook oor die belangrike rol wat Riku Lätti se
Wasgoedlyn gaan speel wanneer dit kom by die erkenning van Afrikaanse songwriting.