Jake Gunn is die fancy stage persona van Jacques “Groenies” Groenewald
van Brackenfell. Al het hy meer hare as Robert Plant, die conjoined body
language van Keith Richards en Piet Botha – is hy nogsteeds een van ons mees unieke
singer-songwriters en guitarists.
Groenies vertel hoe hy leer kitaar speel het nadat hy sy rug in ’n rugby
game gebreek het, die open mic aande by Plaasteater, sy confusing
loopbaankeuses in die boukunde en hoe hy vir Piet Botha begin stalk het en toe
sommer ook die band gejoin het.
Hulle gesels ook oor die recording sessions van sy eerste album Triple
Jack en eindig die show af met ’n live, acoustic performance van Jake Gunn se
“Rosie” en Willim Welsyn se “Vêr Hiervandaan”.