Listen

Description

Bacchus Nel het begin kitaar speel en songs skryf nadat hy
sy sig in ’n motorongeluk verloor het. Maar hy het nie net sommer enige songs geskryf
en gesing nie – dit was (en is nogsteeds) goeie songs.

Hy kom kuier in die garage en vertel van sy kinderdae in
Standerton, die ongeluk, daai dae in
Sunnyside toe sy en Jan Blohm se paaie begin kruis het, die eerste toere Kaap
toe, hoe Piet Botha sy debut album produce het en wat alles daarna gebeur het.